’n Sewentienjarige tiener ly aan ’n allergie vir water wat so verlammend is dat selfs sweet ’n dodelike uitslag kan veroorsaak.

 
Alexandra Allen, van Utah in Amerika, ly aan akwagene urtikaria, ’n toestand wat so seldsaam is dat dit minder as 40 mense wêreldwyd aantas. Langdurige aanraking met water, sweet of trane is buite die kwessie.
‘Dis beide emosioneel vermoeiend en liggaamlik pynlik’

“Dis beide emosioneel vermoeiend en liggaamlik pynlik. Ek kan my nie daar laat beland nie.”

Die tiener moet vinnig in koue water stort, anders kan sy ’n pynlike en jeukerige veluitslag kry. Soms is die uitslag so seer dat sy eers moet gaan lê en wag dat dit afneem.

“Dit voel of jou vel afgeskuur is tot daar net een laag oor is en dit jeuk, maar jy kan dit nie krap nie anders breek en brand en bloei dit,” verduidelik sy.

Die toestand is op 15 jaar by haar gediagnoseer nadat sy afgekom het op ’n webtuiste waar akwagene urtikaria verduidelik word. Maar Alexandra het nog altyd geweet haar sensitiwiteit vir water is, want sy is met inwendige bloeding en pynlike gewrigte in die hospitaal opgeneem nadat sy in ’n warm bad gelê het terwyl sy met vakansie was.

Maar ten spyte daarvan dat sy aan die ongewone toestand ly, is die tiener hoopvol. “Ek dink ek is gelukkig, vergeleke met baie ander siektes wat ek kon gehad het.”

Bronne: nydailynews.com, abcnews.go.com, dailymail.co.uk