Sharon is in Februarie aan nierkanker oorlede voor Rebecca Melia die kans gehad het om vir haar te sê sy is swanger. Nou put die 30-jarige van Kirby in Engeland troos uit wat soos die spookagtige beeld van haar ma se gesig op haar babaskandering lyk. Eers was sy bang toe die verpleegsters so lank neem om vir haar terugvoer te gee toe sy op 18 Junie vir die skandering gegaan het. Sy het gedink hulle het ’n probleem met haar baba bespeur.

“Ek was oortuig iets is fout met my seun. Toe gee die vrou met ’n glimlag vir my die foto en sê: ‘Ek dink jy sal van hierdie een hou.’ En die verpleegster het geweet my ma is oorlede.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek was tegelyk geskok, bly en oorweldig,” het sy aan die Liverpool Echo gesê.

“My ma se gesig, waarna ek so verlang het, was so duidelik soos daglig daar op my skandering.”

Bronne: liverpoolecho.co.uk, mirror.co.uk