Jaclyn Caramazza, van Folsom, Kalifornië, en haar vierjarige seuntjie, Vinny, het op 'n fietspaadjie huis toe gestap toe hy op iets bruin trap.

“Ek het rondgekyk, sy skoene uitgetrek en daar was twee klein bytmerkies,” het Jaclyn aan Fox40 vertel.

Vinny se enkel het binne enkele oomblikke pers geword en begin swel soos die gif begin versprei het.

“Die Mamma Beer-instink om die gif uit te suig het by my ingeskop, want dit is wat hulle in Bonanza doen,” het sy gesê.

Jaclyn het haar seun toe na die naaste hospitaal, Mercy Folsom, gehaas en die vyf-minuutlange rit in

Kenner sê egter mense moet eintlik nie probeer om die gif van 'n slangbyt uit te suig nie. Jaclyn het haar aan 'n groot risiko blootgestel deur dit wel te doen.

“Moet dit nooit ooit doen nie. Gebruik seep, water en jou basiese wondtipe middels, was die bytplek, hou dit skoon en bel (die noodeenheid) onmiddellik,” het Chris Stoots, van California Fish and Wildlife, gesê.

Die gif het gelukkig nie na Jaclyn en haar ongebore seun versprei nie.

Vinny sterk goed aan ná die groot skrik.

Bronne: Daily Mail, News.com.au