Catherine en haar man, prins William, het die president van Singapoer Dinsdag aan die begin van ’n staatsbesoek in Londen verwelkom. Sy het pres. Tony Tan en sy vrou, Mary, by die Royal Garden Hotel verwelkom en vir hulle gesê: “Ek het vir seker daarna uitgesien om uit die huis uit te kom.”

Catherine is 12 weke swanger en word behandel vir oggendnaarheid, waaraan sy ook tydens haar eerste swangerskap gely het.

Sy wil die prysuitdeling vir natuurlewefotograaf van die jaar Dinsdagaand by die Natural History Museum bywoon.

- Sapa