Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard span tans in die Kaap uit met hul tweelingseuns, Eliah en Daniël. Die boeties het die eerste keer na die Moederstad gevlieg en dit was nie sonder drama nie! “Ons eerste vlug kaap toe!!!! En mamma vergeet ons geboortesertifikate,” het Karlien op haar Facebook-blad laat hoor.

Sy het ook ’n foto op Facebook gedeel waar hulle die tweeling die eerste keer strand toe vat.
Karlien en haar gesin se Kaapse draai is nie net vir pret en plesier nie. Die gewilde sangeres se toer begin vanaand in Caledon. Sy het onlangs bekendgemaak sy en haar man, Derick, verwag hul derde kind. Maar daar was geen teken van ’n boepie toe sy in ’n sexy bikini op die strand baljaar nie. Praat van ’n sexy mamma!

- Janine Nel