Die moed en hoop van die 36-jarige ma van Kuilsrivier, buite Kaapstad, het die land aangegryp toe sy in Mei volgens berigte gesê het sy sal haar baba dra tot hy gereed is om in die wêreld te kom. Daarby het sy vas geglo sy sal die kanker oorwin en haar jongste seun sien grootword.

Huisgenoot het vroeër vanjaar oor haar berig toe sy haar ongebore baba aan die dood afgestaan het.

Op die Facebook-groep Gebedsgroep vir Anneline van Reenen het medelye na die familie ingestroom. Annabelle Kotze skryf: RIP Anneline, dapperste mens, sal jou altyd onthou vir jou sterk geloof en waardes. Ons harte is seer. Sterkte vir die gesin. xx

Lees hier meer oor Anneline se verhaal.