’n Lugredery wil die koste van sy vliegkaartjies grond op passasiers se gewig.

Samoa Air, wat in Junie begin vlieg het, het aangekondig hulle wil internasionale vlugte tussen die Amerikaanse Samoa-eilandgroep en Samoa grond op ’n passasier se gewig, met ’n kilogram wat van sowat R8,60 en R9,80 gaan kos.

“Vliegtuie word bestuur volgens gewig en nie per sitplek nie; reisigers moet bewus wees van hierdie belangrike punt,” sê Chris Langton, die lugredery se hoof uitvoerende beampte.

“Die vliegtuig kan slegs ’n sekere gewig dra en daar moet vir dié gewig betaal word. Dis al uitweg.”

Reisigers in die streek word reeds geweeg voor hulle vlieg omdat die vliegtuie wat na die omliggende eilande vlieg, gewoonlik klein is.

- Bang Showbiz