Die eerste was spesiaal vir Lentedag eergister. Suzelle en haar getroue handlanger en vriendin, Marianne, bou 'n pragtige bankie uit sintelstene. Natuurlik sukkel Marianne om die eenvoudigste opdragte uit te voer, maar die eindresultaat is 'n baie vernuftige bankie wat mooi in enige tuin sal lyk.

Dit is immers amper somer, en in haar tweede video wys Suzelle ons hoe om sommer lekker baie oefening te kry, sonder dat jy ooit 'n voet naby die gimnasium sit. Ons is wel nie seker hoeveel kilojoules jy só gaan afskud nie.