Jy kan nou van Suzelle se besittings koop!

As jy, nes die res van Suid-Afrika, versot is op Suzelle DIY se skreeusnaakse video’s, kan jy jou liefde vir haar selfs verder neem en van die items uit haar video’s aanskaf.

Sy verkoop onder meer koffiebekers met haar en haar boesemvriendin Marianne se gesigte op, ’n porselein-bulhond en ’n paar hakskoene met ’n luiperdvelmotief.

Aanhangers kan tot 12 Augustus motiverings stuur oor waarom hulle die gelukkige een moet wees om 'n aandenking aan Suzelle te besit. Sy sal dié met die mees oortuigende motiverings dan laat weet as hulle gekies is.

Die winste van haar verkope gaan aan liefdadigheid.

Maar aanhangers sal moet spring – ons vermoed dié versamelstukke gaan vinnig opgeraap word!

Kliek hier om nog van die items wat te koop is te sien.

[post-slider]