As jy een van die Suid-Afrikaners is wat nie genoeg kan kry van die skreeusnaakse Suzelle DIY nie, het ons goeie nuus.

[caption id="attachment_120091" align="alignnone" width="600"]Suzelle gaan eersdaags in haar eie televisie-program op DStv te siene wees. Foto:  Facebook Suzelle gaan eersdaags in haar eie televisie-program op DStv te siene wees. Foto: Facebook[/caption]

Dié supergewilde YouTube-sensasie bied eersdaags haar eie program op Comedy Central (DStv-kanaal 122) aan.

Suzelle het haar selfdoen-webreeks in 2014 op YouTube begin en het sedertdien talle aanhangers gewerf wat gaande is oor haar skreeusnaakse, dog doeltreffende wenke.

En nou kry dié slim grapjas die geleentheid om haar unieke komediestyl tot in Suid-Afrikaners se voorkamer te neem.

Suzelle is bekend vir haar ouderwetse haarstyl, retro-uitrustings en natuurlik daai swaar Afrikaanse aksent waarin sy Engels praat.

Tussen al die snaaksighede deur deel Suzelle ook wenke oor hoe om onder meer sonder ’n strykyster te stryk, hoe om ’n Kersboom en jou eie geskenkpapier te maak en een van haar gewildste video’s tot nog toe – hoe om ’n braaipastei te maak.

En hoe voel sy oor die skuif van internetsensasie tot die kassie?

“Ek is so opgewonde dat my YouTube-video’s nou op televisie gaan wees en almal op hul rusbank kan sit en kyk,” het sy aan Channel24 gesê.

Hier is van Suzelle se gewildste video's:

Só maak jy ’n braaipastei:

Só skil jy ’n hele paar appels op ’n slag:

Só oorleef jy beurtkrag:

Suzelle se selfdoen-video’s sal van Maandag 2 Mei om 20:00 uitgesaai word.

Bron: Channel24

Lees ook op Huisgenoot.com:

47-jarige Tereza Troskie-Herbst maak laatlam se geslag aan Huisgenoot bekend

Wat is endometriose en waarop moet jy let?

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry