Amy Rice (21) en haar suster Nicole (19) het twee mans op Facebook ontmoet en ’n ruk lank met hulle gesels.

Die susters, van Dublin, het eindelik ingestem om die mans (na skatting 25 en 30 jaar oud) vir ’n drankie te ontmoet. Die mans het hulle by ’n bushalte opgelaai en na ’n woonstel geneem.
Hulle is vir meer as 20 uur herhaaldelik aangerand.
Toe die mans aggressief begin optree, het Amy opgestaan om te loop. Een man het haar toe op die grond gegooi en haar kop begin skop. Nicole het by die deur probeer uithardloop, maar het op die trap gegly en haar bewusteloos geval. Hul hande en voete is met ou lappe vasgemaak en hul monde toegebind.

Hulle is vir meer as 20 uur herhaaldelik aangerand. In ’n stadium het hul aanvallers kwansuis oproepe na mense gemaak om te hoor wat hulle met die susters se lyke moet doen. Hulle het ook heeltyd gelag en foto’s aan hul vriende gestuur.

Teen drieuur die volgende middag het hulle hulle laat gaan en gedreig as hulle die woonstelblok se wagte vertel wat gebeur het, sal hulle die susters en hul familie doodmaak.

’n Motoris het hulle buite die woonstelblok opgelaai en hospitaal toe geneem. Die susters glo die mans het hulle ook dwelms ingegee. Amptenare probeer nog vasstel of Amy seksueel aangerand is. ’n Saak is aanhangig gemaak.

Bronne: news.com.au, mirror.co.uk