“Ek wil op die oomblik nie te veel oor hom verklap nie; dit sal onregverdig teenoor hom wees,” het Susan in ’n onderhoud met die Britse koerant The Sun gesê.

'Hy is ’n vriendelike man.'

“Al wat ek sal sê, is dat ons min of meer ewe oud is en hy is ’n vriendelike man.”

Volgens The Sun het Susan die Amerikaanse dokter ontmoet toe die twee onlangs tydens Susan se toer in dieselfde hotel gebly het. Hulle het ’n romantiese ete geniet waartydens hy “die perfekte heer” was.

“Dit is nog vroeg in die verhouding; ons kyk maar wat gebeur,” het sy aan The Sun gesê. “Ek hoop hy kom kuier.”