DINAMIET kom in klein pakkies. En kyk jy so na die Survivor-deelnemer Tasleem Vally (25), is dit presies wat jy sien: ’n klein boksie dinamiet – met baie plofkrag.

Die grimeerkunstenaar van Durban is dadelik op haar agtervoete toe ons met die geselsery ’n kamera uithaal. “Onder geen omstandighede nie,” weier sy volstrek. Haar dun lippe pers ferm op mekaar. Jy sien net hare waai soos sy haar kop heen en weer skud.

“Ek gaan nêrens in Durban sonder my haarverlengings en vals wimpers nie,” verduidelik Tasleem dan. Haar oë is keurig in skakerings van swart en blou gegrimeer, haar naels en toonnaels smaakvol gemanikuur, maar die  hare en wimpers makeer, en daarsonder: Aikona!

Dis dié vurigheid wat van hierdie Moslem-vrou die perfekte stof vir die werklikheidsreeks Survivor SA: Maldives maak. Toe haar man kort voor haar vertrek vir haar probeer oorreed het om liewer tuis te bly, het sy voet dwars gesit en deurgedruk. En dit het haar toe finaal haar huwelik gekos.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 17 Maart 2011