Suri Cruise se gips dra die geskrewe instruksie om dit nie vir “boude slaan” te gebruik nie.

Die dogter van Katie Holmes en Tom Cruise het onlangs haar arm gebreek en sy is Woensdag opgemerk met haar arm in gips, waarop iemand ’n speelse boodskap geskryf het.

Volgens Us Magazine lui dit: “Geen boude slaan hiermee nie!”

Daar is verlede week berig Suri (7), wie se ouers verlede jaar geskei is, is beseer. ’n Verteenwoordiger van Katie het egter gesê dit gaan goed met haar ná die ongeluk.

Hulle het bevestig: “Suri het haar arm gebreek, maar dit gaan goed met haar.”

Die aktrise van Don’t Be Afraid of the Dark en haar dogter woon in New York, maar daar is onlangs beweer dat Tom op soek is na ’n huis in Londen sodat Suri naby kan wees wanneer hy in Brittanje werk.

’n Bron het gesê: “Tom is gelukkig, want hy dink as hy wortels in Londen skiet, sal hy Suri langer op ’n slag by hom kan hê.

“Hy probeer net iets goeds vir Suri doen. Sy bly nou al lank in die VSA en Tom wil seker maak dat sy die lewe ten volle ervaar en ander kulture leer ken.

“Hy wil nie hê sy moet grootword as ’n eng persoon wat bang is om haar paspoort te gebruik nie.”