So tevrede soos ’n kat wat room gekry het – so voel die eerste wenner van die Supersterrekompetisie deesdae.

Hy studeer nou heeltyds musiek, hy is aan die liedjies skryf – daardie droom van ’n suksesvolle musiekloopbaan lyk ál werkliker.

Shaun Tait (17) was maar 14 toe hy in 2006 met die louere weggestap het in die sangkompetisie, en die Kapenaar lyk

deesdae heeltemal anders as die jong kêrel wat Suid-Afrikaners destyds bekoor het.

Daar is die gejelde kuif, rocksterhouding en ’n tatoe van ’n kruis met vlerke op sy rug.

‘‘Ek wou een kry wat iets beteken. Ek wil nog die woorde ‘God is gracious’ daarby aanbring,’’ sê hy.

Shaun het destyds R100 000 en ’n kontrak van R500 000 by Sony BMG losgeslaan. Vier jaar later het hy twee albums en ’n DVD agter sy naam en hy beplan nog groot dinge.

Sy eerste album, wat sy naam dra, raak-raak aan platinumstatus en die verkope van sy tweede album, Ek Sê Kom Ons Doen Dit, lyk ook goed.

“Ek het Supersterre vir die ondervinding gedoen en vir die pret. Toe ek weer sien, staan ek op die verhoog met ’n groot tjek,” sê hy.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Mei 2010