Nadat Joost van der Westhuizen twee weke gelede ‘n gas op ‘n SuperSport-program was, is daar bespiegel dat hy die voormalige Bok en Blou Bul dalk weer ‘n aanbieder op die kanaal kan word. Maar volgens SuperSport se kommunikasie-bestuurder, Clinton van der Berg, is dit nie die geval nie.

“Joost is nie terug op SuperSport nie. Hy was bloot ‘n gas op ‘n program oor die vorige Wêreldbekers,” sê hy.

Die kanaal is nie in gesprek met Joost oor ‘n nuwe kontrak nie.

“SuperSport is nie in onderhandelinge met Joost oor enigiets nie. Ons het min terugvoer gehad nadat die program met hom in uitgesaai is. ‘n Paar mense het dit bloot as ‘n interessantheid opgemerk en verder niks.”

Joost se bestuurder, Bridget van Oerle het vir Rapport gesê hulle toets die waters om te sien hoe kykers sal reageer as hy weer op televisie is. Bridget is in die buiteland en het nie gereageer op versoeke vir kommentaar van Huisgenoot.com nie.

Joost is in 2009 deur SuperSport afgedank ná ‘n seksvideo-skandaal wat hom ook sy huwelik met die sangeres Amor Vittone gekos het.