Die Cheetahs en die Leeus sal mekaar op 15 Februarie om 17:05 in Bloemfontein die stryd aansê. Kort daarna sal die Sharks en Bulle hul eerste wedstryd van die jaar in Durban speel. Die ander Suid-Afrikaanse span, die Stormers, het ’n los lootjie in die eerste ronde.

Daar sal weer in Junie ’n drie weke lange blaaskans in die lang Superrugby-rooster wees, waarskynlik vir internasionale toetswedstryde. Die eindstryd word op Saterdag 2 Augustus 2014 gespeel.

  • Gaan kyk hier vir die volledige rooster