Die Chiefs en Bulls het onderskeidelik eerste en tweede op die punteleer geëindig en het dus die reg verdien om gasheer te speel vir die halfeindkragmetings.

Die kwalifiseringswedstryde sal dié naweek plaasvind en die wenners van die Crusaders teen Reds-wedstryd (Saterdag om 09:35 in Christchurch) en die Brumbies teen die Cheetahs-kragmeting (Sondag om 08:10 in Brisbane) sal na die volgende ronde deurdring.

Die Bulls sal teen die bes geplaaste wenner speel terwyl die ander kwalifiseerder teen die Chiefs in Hamilton uitdraf.

Skeidsregters vir die halfeindwedstryde sal vroeg volgende week aangekondig word.

Die eerste Superrugby-halfeindkragmeting:

  • 27 Julie, Saterdag
  • Chiefs teen (span moet bevestig word), Hamilton - 09:35

Tweede halfeindwedstryd:

  • 27 Julie, Saterdag
  • Bulls teen (span moet bevestig word), Pretoria - 17:05

- Nuus24/Sport24