Aan haar vonkelende oë en breë glimlag kan jy dadelik sien dit is ma se kind dié. Maar die oomblik dat die kleinding ’n pienk balletrompie moet aantrek, droog haar vrolike koergeluidjies op.

Toe ons weer sien, lê sy huilend op die vloer en probeer die valletjiesromp uittrek terwyl haar ma, die model Lee-Ann Liebenberg, verbysterd toekyk.

Sy het ons vroeër gewaarsku die 17 maande oue Gia het soos die meeste kleuters haar “oomblikke”, en ons het pas een van hulle beleef.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.