Ons het julle gevra om foto’s van jul kinders se gunsteling-verjaardagkoekewat julle self gebak het in te stuur. So kon julle ’n kans staan om ’n lekker Checkers-prys los te slaan. Jul reaksie was oorweldigend. Daar is beslis ’n hele paar bobaas-baksters in die SuperMa-gemeenskap.
Amanda Hassan, Milly Spies en Rehana Seedat is ons wenners, maar kyk gerus ook in die galery na ’n paar van die ander ongelooflike inskrywings wat ons ontvang het.
Amanda Hassan
Koeke_Amanda Hassan 1
Ek het hierdie idee van die kinderfliek How to Train Your Dragon gekry. My seuntjie Yaqeen (6) hou baie van een van die drake in die fliek. Ek wou soveel moontlik van die karakter se persoonlikheid op die koek vasvang; dis juis hoekom dit my agt uur gevat het! Ek het eers met die skilder van die kop en horings begin deur “Rice Krispies treat mix” te vorm. Daarna het dit vier dae gelê om hard te word. Ek het begin met die vorm van die fondant en siedaar! Die koek is ’n sjokoladekaramel-sponskoek. Yaqueen se gesiggie was te oulik toe hy dit sien, heeltemal verbaas en aangenaam verras!
Milly Spies
Koeke_Milly Spies1
Ek het hierdie koek vir my dogtertjie Christlene se tweede verjaardag gebak. Ek het lank voor die tyd al beplan en dit so geniet. Ek het op YouTube en Google gekyk hoe ’n mens blommetjies en figuurtjies maak. Ek het elke dag geoefen tot ek tevrede was. Ek het vir my ’n blommetjiedrukker gekoop, en elke dag ’n paar blommetjies gemaak en dit in 'n Tupperware gebêre. Ek het ’n Martha Stewart-resep vir die koek self gekies en het twee lae onder gebak en twee kleiner lae vir bo. Die hele koek is met botterroom gesmeer nadat ek dit met mentgroen jelkleursel gekleur het. Ek het’n hoendertjie probeer maak omdat my dogtertjie baie lief is vir haar mak hoendertjie, CheepyLeepsy. Ek kon nie regkom nie en het toe maar ’n voëltjie gemaak wat die poppie nou op haar skoot vashou. Die rose was baie moeilik en ek sal dit nie sommer weer aandurf nie! Dit is baie werk!
Rehana Seedat
Koeke_Rehana Seedat
My dogtertjie Tabassum (6) is mal oor feetjie-kastele. Selfs die hoë woonstelgeboue om ons is kastele in haar oë. Ek het hierdie prinses-kasteelkoek vir haar sesde verjaarsdag gebak. Ek het ’n basiese sponskoekresep gebruik en die kasteel self gemaak.

Koeke_Rehana Seedat2

[post-slider]