Vandag is die dag waarop sy al langer as vyf maande wag – sedert die verskriklike aand toe dokters geen hoop gehad het dat haar tweejarige dogter die fratsongeluk sal oorleef nie. Maar Anicè Kruger het bly hoop, bid en oplossings soek tot sy gehoor het vel kan in Amerika van Pippie se stamselle gekweek en hier in Suid-Afrika op haar lyfie oorgeplant word. Vandag 'n week na die operasie waarin 29 kosbare stukkies vel op haar oorgeplant is, sal hulle weet of dit geheg het. Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die rakke beskikbaar is. Volg Huisgenoot op Twitter.