Die 37-jarige man uit die Filippyne het daarna ongeveer 18 jaar van sy lewe daaraan gewy om sy liggaam te verander ten einde soos die held uit sy kinderdae te lyk.

Die superbewonderaar het sy neus laat verander, sy vel laat wit maak, vet laat uitsuig, sy kakebeen laat herskik, maagspier- en sitvlakinplantings laat doen en vullers gebruik sodat hy in die man van staal kan verander.

“Ek hou daarvan om aan mense, veral aan die kinders in die Filippyne, te wys ek is hier. Superman bestaan werklik,” het Herbert gesê.

“Ek wil hulle inspireer. Ek wil aan hulle hoop gee.”

Sy operasies het hom tot dusver meer as R80 000 uit die sak gejaag. Sy obsessie verander hom in ’n “kriptoniet”. In sy poging om die superheld se maagspiere te kry, het hy hom met ’n onwettige middel begin inspuit. As gevolg hiervan het daar vlekke en knoppe oor sy hele liggaam uitgeslaan, iets wat in sy verskyning in die televisieprogram Botched gesien kon word. Dit het nie die fanatikus afgeskrik nie; hy verlang nog operasies om sy maagspiere duideliker te laat voorkom.

'Maagspiere van staal moet ontwikkel word deur te oefen en deur reg te eet.'

“Hierdie Superman moet gimnasium toe gaan,” het dr. Terry Dubrow gesê en geweier om aan Herbert te opereer.

“Maagspiere van staal moet ontwikkel word deur te oefen en deur reg te eet.”

Ten spyte hiervan ontken Herbert plastiese chirurgie sal tot sy ondergang lei.

“Alles wat ooit in my lewe gebeur het, was positief en dit is aan Superman te danke. Ek sal ophou wanneer my liggaam vir my sê hy kan dit nie meer verduur nie of wanneer my dokter vir my sê my liggaam is te oud om dit te verduur.”

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk