Wel, dit hang seker van mens tot mens af, maar die reaksie van ’n man van Brittanje het talle verbaas.

Waar ander gesinne bloot sou wegstap, het die ouers van die driejarige besluit om skuld aan hul buurman te beken nadat hul seun per ongeluk hul motordeur gekrap het. Hulle het aangebied om vir die skade te betaal.

Toe hulle ’n paar dae niks van hul bure hoor nie, het hulle ’n vriendelike herinnering uitgestuur dat hulle bereid is om die herstelkoste te dek.

Toe kom daar ’n “rekening” in die pos aan. Eers word die koste vir die herstelwerk gelys ... £1,500 (sowat R28 500) hier, £300 (R5 700) daar, selfs £28 (R532) vir tee.

Die groot verrassing wag egter aan die einde. Die bure skryf: “Hierdie goed gebeur... minus £1,838. Geen koste! Al wat ons vra is dat julle steeds sal aanhou om ons pakkies te ontvang as ons nie hier is nie.”

Is dit nou nie vriendelike bure nie?

karkrap

Bronne: Mirror; Daily Mail