Die werklikheids-TV-ster Kim Kardashian West het die wêreld vandeesmaand aan die gons gehad toe sy op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Paper met kaal agterstewe pryk.

En terwyl die meeste ouers dit nie naby hul kinders wil hê nie, het ’n Amerikaanse maatskappy, Catalyst Prep, wat hoërskoolleerders vir toelatingstoetse tot universiteit help voorberei, ’n oulike manier gekry om haar bekende bates by wiskundeprobleme te betrek. “Ons is patriotiese Amerikaners met ’n oog op popkultuur; dus het ons Kim Kardashian se onlangse foto’s beskou as ’n geleentheid om wiskundeprobleme aan te pak,” het hulle getwiet. Kyk hier na die kreatiewe somme:

Bronne: Time, Twitter