.

[caption id="attachment_168334" align="aligncenter" width="400"]Fikile Mbalula, die nuwe Minister van Polisie. Fikile Mbalula, die nuwe minister van polisie.[/caption]

“As minister van polisie wil ek erkenning gee aan die manier waarop betogers hul reg om te betoog uitgeoefen en hul verantwoordelikhede nagekom het wat dié reg vergesel,” het Mbalula gesê in reaksie op Vrydag 7 April se landwye betogings teen die president. Nog optogte word vir Woensdag beplan, onder meer deur opposisiepartye soos die EFF, DA en Cope. Betogers sal na die Uniegebou loop.  

“Die meeste mense het die Suid-Afrikaanse wet gerespekteer en verhoed dat geweld gepleeg en skade aan eiendom aangerig word,” het Mbalula, voorheen minister van sport en ontspanning, uitgebrei. Hy is met die onlangse kabinetskommeling as polisieminister aangestel.

Hy het die enkele geweldsvoorvalle tydens Vrydag se opgtogte veroordeel en bevestig Woensdag se betoging is wettig en goedgekeur.

“Ons vra weer eens dat betogers hul regte binne die grense van die reg geniet sonder om geweld, misdaad of skade aan eiendom deel te maak hiervan.”