Met net stemme van die publiek (stemme het op 24 November gesluit) het die plaaslike musikante, glansmense en openbare figure met die meeste aanlyn invloed vandeesweek hul pryse ontvang.

SUZELLE-RESIZE

“Die digitale wêreld is ’n fees vir multimedia en openbare figure wat die goed gebruik, moet vereer word. Dit is nie die eerste prys van sy soort nie en ons is ingenome met die positiewe reaksie wat dit uitgelok het,” het die Channel24-redakteur Herman Eloff gesê.

“Die goeie terugvoer wat ons van benoemdes sowel as die publiek gekry het, het dit duidelik gemaak dat dit ’n jaarlikse geleentheid sal word. Ons sien uit daarna om dit in die komende jare uit te brei. Ons is baie opgewonde oor die lys wenners wat die publiek gekies het. En ons weet die spesiaal ontwerpte trofeë sal in enige trofeekas goed lyk,” het Herman bygevoeg.

Mense kon tussen 31 Oktober en 24 November op Channel24 stem.

Beste #selfie van ’n glansmens

Beste #belfie van ’n glansmens

Best glanspaartjie op sosiale media

Beste Facebook-blad – Individu of groep

Beste Twitter-rekening – Individu of groep

Beste Instagram-rekening – Individu of groep

Beste YouTube-kanaal – Individu of groep

Beste twiet of plasing op sosiale media

Sexyste vroulike glansmens om op sosiale media te volg

Sexyste manlike glansmens om op sosiale media te volg

Goue kroon-prys vir beste aanlyn teenwoordigheid

“Dit was glad nie verbasend toe Jeannie D die prys vir beste aanlyn teenwoordigheid wen nie; ook nie toe sy as die sexyste vrou op sosiale media aangewys is nie,” het Herman gesê. “Sy is ’n gesoute sosialemediagebruiker en het ’n skare ondersteuners. Sy het so ’n warm, innemende persoonlikheid. Weereens geluk aan al ons wenners.” Besoek Channel24 of Facebook of Twitter vir nog inligting.