Hittegolftoestande heers tans in Gauteng en die Wes-Kaap en deurlopende hoë temperature word ook in die grootste gedeelte van die land ervaar. In sommige plekke styg die kwik vandag tot diep in die 40's. Lees ook: Oorleef so die versengende hitte Weervoorspeller Mbavhi Maliage het aan EWN gesê koeler weer kan eers van Vrydag af verwag word.
"Ons verwag dat die hittegolf oor Gauteng tot Donderdag of Vrydag gaan voortduur. Ons verwag ook dat die hittegolf in Noord-Wes provinsie en die Vrystaat sal aanhou tot Donderdag; in die meeste dele van die Wes-Kaap sal dit tot Donderdag voortduur," het Mbavhi gesê. Carlton Fillis, ook ’n weervoorspeller, het bevestig Kapenaars sal mintens tot Donderdag moet uithou, want die warm weer is hier om te bly. Die Twitter-gebruiker Green Ashes het 'n video gedeel van haar hond wat nie die uitmergelende hitte kan hanteer nie.