v

Filipa Carmo da Silva, 18, is ’n oudleerling aan Cornwall Hill College in Centurion. Sy studeer nou drama en musiekteater aan die Waterfront Theatre School in Kaapstad.

Die kompetisie op Seacrest se webwerf het sowat ’n maand gelede begin toe hy op YouTube begin soek het na die 26 beste video’s van mense wat bekende kunstenaars se liedjies sing.

Filipa het verlede Maandag deurgedring tot die eindronde van die kompetisie. Sy moes meeding met nog ses finaliste van oor die wêreld heen wat almal One Direction se liedjie “Story of My Life” gesing het.

Die wenner is Maandagaand Amerikaanse tyd op die webblad bekend gemaak.

Onder die top-sewe deelnemers was sangers wat bekendheid verwerf het op die Britse en Amerikaanse weergawes van die TV-talentkompetisie The X-Factor.

Kort ná haar oorwinning het Filipa saam skaars 2 300 aanhangers op Facebook en Twitter gehad. Jedward spog met omtrent 850 000 aanhangers op dié twee sosiale netwerke.

Bronne: YOU, Beeld