Sy gesels met Hollywood se beroemdste sterre, reis wêreldwyd en het haar eie televisieprogram bekendgestel . . . Lalla Hirayama was die afgelope paar maande omtrent besig.

Sy gesels met Hollywood se beroemdste sterre, reis wêreldwyd en het haar eie televisieprogram bekendgestel . . . Lalla Hirayama was die afgelope paar maande omtrent besig.

Maar tussen al die chaos deur het die pragtige plaaslike ster van Vuzu nuwe liefde gevind. ’n Bron na aan Lalla, wat benoem is as een van die land se sexyste vroue by YOU Spectacular, het vertel sy is halsoorkop verlief. “Sy is so gelukkig. As ek haar sien, lyk sy stralend. Hulle is albei dolverlief!”

Dit lyk beslis so. Die man is onlangs gekiek toe hy Lalla met ’n groot bos blomme verras. Ons is reeds mal oor hom.

Lalla3

Die bron wou nie verklap wie die gelukkige ou is nie, maar het laat val dat die Vuzu-aanbieder hom dalk op haar reise ontmoet het.

Lalla
Met die bekendstelling van haar nuwe program, Lalla Land, reis die 28-jarige ster elke paar weke om onderhoude met bekendes soos The Rock, Kevin Hart, Woody Harrelson, Zac Efron, Seth Rogen, Ben Affleck, Henry Cavill, Amy Adams en Jesse Eisenberg te voer.

The Rock X The Hart X The Ninja #centralintelligence #Lallaland @mnettv #MnetMovies Can't wait for you see this!!!!!

A photo posted by Lalla Hirayama ?? ?? (@lalla_hirayama) on

Lalla vertrek binnekort weer om nog onderhoude te voer – ons wonder of haar nuwe liefie saamgaan? Sy het ’n moeilike paar maande agter die rug. Behalwe haar besige program het die Japannees-gebore skoonheid haar ouma verloor en haar vyf jaar lange verhouding met die klubbestuurder Chris Nkosi is beëindig.
Sy het vroeër vanjaar een Sondagaand siek gevoel ná haar radioprogram op Good Hope FM en in die hospitaal beland waar sy vir uitputting behandel is.

They call it exhaustion but a ninja doesn't know what that means so here we are...

A photo posted by Lalla Hirayama ?? ?? (@lalla_hirayama) on

“Ek was erg gestres,” het Lalla in Mei aan YOU vertel. Sy het sedertdien dit ’n prioriteit gemaak om na haarself om te sien, nie net fisiek nie, maar ook op geestelike en emosionele vlak. Sy het selfs tyd afgeknyp om haar hart weer heel te maak.

Sy is nog nie gereed vir die wêreld om die geheimsinnige man te ontmoet nie, maar ons het ’n voëltjie hoor fluit die twee maak binnekort hul debuut. Ons hou jou op hoogte!