Die Suid-Afrikaanse krieketlegende Jonty Rhodes sal binnekort vir die vierde keer pa word. Jonty en sy tweede vrou, Melanie, wat tans in Moembai is vir vanjaar se Indiese Premierliga (IPL) verwag hul tweede baba. Hul eerste, India, is in April 2015 in Moembai gebore. Hy is tans die Mumbai Indians se veldafrigter. Hy het die nuus in Januarie op Instagram gedeel met ’n foto van Melanie.

2017 going to be a bumper year for the Rhodes family #lovelife

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on
Hy het op ’n foto met sy vrou se babamagie gespog. Jonty het die nuus in ’n WhatsApp-boodskap aan Huisgenoot bevestig, maar wou nie verder kommentaar lewer nie. Intussen geniet die Rhodes-gesin dit om saam te reis.

India loving Sri Lanka #lovelife

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

India is dol oor Sri Lanka.

Everyday is a holiday, when u do what u love!!

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

Melanie en India in die Maldives. Jonty het ook twee kinders, Daniella en Ross, saam met sy eerste vrou, Kate.

My "little" girl @danni.rhodes reminding her dad not to step on her toes during the father/daughter waltz!!!

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

Jonty by sy en sy eksvrou se dogter, Daniella.