Conobregma bradpitti is ’n voorheen onbekende spesie perdeby wat spesifiek in Suid-Afrika voorkom. Wetenskaplikes beskryf die perdeby as soortgelyk aan ander parasietagtige spesies wat gediertes soos motte en ruspes verorber.

Dr Buntika Butcher, hoofnavorser van die Universiteit van Chulalongkorn in Thailand wat ’n wetenskaplike artikel oor die by gepubliseer het, vertel die bradpitti lê sy eiers in ’n gasheer waarna die eiers verhard en stadig die gasheer van binne af vreet.

“Sodoende bly die perdeby veilig in sy koekon binne die gasheer vanwaar dit later verskyn,” sê sy.

Maar aanhangers wat wonder, nee: die hartebreker se perdeby-naamgenoot lyk nie juis soos hy nie.

Lees ook: Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Die bradpitti is betreklik klein met ’n vlerkspan van sowat 2 mm. Sy liggaam is donker bruin, byna swart terwyl sy kop ’n ligter bruin is.

Maar hoekom dit dan na die ster van Fight Club vernoem?

Buntika verduidelik dat dit die besluit van een van die senior navorsers op die projek was, omdat Brad een van haar gunsteling-akteurs is.

“Sy plakkaat was deurentyd teen haar muur terwyl sy haar doktorale studies voltooi het,” vertel Buntika.

Wetenskaplikes het monsters van die bradpitti-perdeby in Madlangula in KwaZulu-Natal, naby die Mosambiekse grens, versamel.

Brad is egter nie al bekende wie se naam al aan dierespesies verleen is nie. Die reggae-legende Bob Marley het ’n skaaldiertjie, die gnathia marleyi, wat na hom vernoem is.

En Suid-Afrika se geliefde Nelson Mandela se naam is ook al verleen aan ’n klein seeslakkie, die mandelia mirocornata.

Bronne: IOL; Sci-news.com

Ook op Huisgenoot.com:

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel