Een duisend sewe honderd en veertien.

Dis hoeveel mense die afgelope feestyd op ons land se paaie gesterf het, het die minister van vervoer, Dipuo Peters, Dinsdag aangekondig.

Volgens die minister is dié syfer 5 persent hoër vergeleke met dieselfde tydperk die jaar tevore.

Die owerheid maan elke jaar motoriste om veilig te wees op die land se paaie. In die feestyd het Huisgenoot verskeie berigte gedeel van dodelike motorongelukke waarin talle Suid-Afrikaners hul lewe verloor het.

Net die afgelope naweek is 16 mense dood buite Pretoria toe 'n minibus en 'n bakkie trompop gebots het.

'n Gru-ongeluk buite Worcester kort voor Kersfees het ook 12 mense se lewe geëis.

Bron: News24