Die glanspaartjie Sharlto Copley en Tanit Phoenix gaan ouers word!  

Tanit het Sondag die goeie nuus met haar Instagram-aanhangers gedeel toe sy ’n foto van haar kaal magie wys.

“My eie klein bababoepie,” skryf die 32-jarige skoonheid by die foto.  

Sy en Sharlto (43), wat veral bekend is vir sy rol as Wikus van der Merwe in die film District 9, het verlede Februarie stil-stil getrou en is al ’n paartjie sedert 2012.  

Baie geluk, julle twee!