’n Mens draai hoopvol ’n kraan oop, en daar’s niks. Nie ’n druppel nie. Nêrens. Ons hoor alles van gruverhale van mense wat rioolwater drink tot ’n bakleiery oor dié lewensnoodsaaklike vloeistof.

Vee vrek by die duisende, gewasse staan kwalik enkelhoogte en talle boere is geknak deur die sielsvernietigende droogte.

Daar is ook gevalle waar leerders huis toe gestuur is omdat die skool nie water het nie. En tuis is ook niks . . .

Lees ook: Wat jy moet weet van hitte-uitputting en sonsteek

Veral Senekal in die Vrystaat se gebrek aan water het mense landwyd laat kennis neem van dié krisis.

Tydens die feestyd is vakansiegangers aan die kusgebiede aangemoedig om bottels water by afsetgebiede te besorg op hul pad binneland toe.

Groot maatskappye soos Mango en Shoprite het reeds skouer aan die wiel gesit en lewensnoodsaaklike verligting aan die geteisterde gebiede gebring.

Lees ook: Lesers deel koelblywenke As jy een van die gelukkiges is wat nog ’n kraan kan oopdraai en ’n glas water kan geniet om jou dors te les, is dit nou jou kans om verligting te help bring.

KLIK HIER vir afsetgebiede waar jy water kan skenk.

KLIK HIER vir Operation Hydrate as jy water kan skenk of ’n ander bydrae wil lewer.