Bobby van Jaarsveld, wat onlangs deur Sarie aangewys is as die sexyste man in Suid-Afrika, is afgeneem terwyl hy ’n ander hemp aantrek.

Die sangeres Lira, wat saam met hom ’n beoordelaar op die program is, het die smeulende video op haar Facebook-blad geplaas. “While you were away in advertland,” het sy daarby geskryf. 

TV-kykers kon nie hierdie beeldmateriaal sien nie, want dis tydens die advertensiebreuk afgeneem. 

“Bobby het my toestemming gegee om jul aand te maak, meisies,” het Lira ook by die video geskryf. Die Afrikaanse sanger en akteur het dit ook op sy Twitter-rekening gedeel.