Donderdagmiddag is daar gegis dat die volgende graderingsmaatskappy, Fitch Ratings, dalk in Standard & Poor’s se voetspoor te volg en Suid-Afrika se rommelstatus te bevestig nie. Vrydag het die bom gebars: Fitch het amptelik ook Suid-Afrika se strompelende rand na rommelstatus verlaag.

Volgens Fitch is die besluit gemaak na aanleiding van pres. Zuma se onverwagte kabinetskommeling, die vervanging van Gordhan Pravin as minister van finansies asook sy adjunk, Mcebici Jonas. Luidens berigte is die kans groot dat dié skuiwe ’n verandering in ekonomiese beleid sal meebring.

Lees ook: Suid-Afrika se rommelstatus: Sewe goed wat jy moet weet

Op 6 April het die graderingsagentskap Standard & Poor’s Suid-Afrikaanse banke tot niebeleggingsgraad afgradeer om te strook met sy gradering van die land.

Meer inligting volg later.

Bronne: ewn.co.za, mybroadband.co.za