[caption id="attachment_120744" align="alignnone" width="600"]'n Lugfoto van die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg. Foto: Facebook, O.R. Tambo International Airport 'n Lugfoto van die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg. Foto: Facebook, O.R. Tambo International Airport[/caption]

“Geen land is immuun teen dié soort aanvalle nie. Ons veiligheidsdienste is altyd gereed om op te tree indien so iets sou gebeur,” het Brian Dube, die woordvoerder van die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, aan Huisgenoot gesê.

Lees ook: Moontlike verdagtes geïdentifiseer, kernaanleg ontruim ná Brussel-bomaanval

Altesaam 31 mense is dood en talle kritiek ná drie bomme vroeër vandag in Brussel ontplof het. Netwerk24 het berig tot dusver is geen Suid-Afrikaner as dood of beseer aangemeld nie.

“Dit is baie erg om op hierdie oomblik hier te wees,” het Maryke Cumpsty, Huisgenoot se assistent-redakteur, uit Berlyn in Duitsland gesê waar ’n afvaardiging van Media24 vandeesweek ’n konferensie bygewoon het. Dié groep is tans op die Berlynse lughawe gestrand nadat vlugte vir tyd en wyl vertraag is. Daar heers ’n baie “onrustige gevoel” onder die groep en Maryke het bygevoeg verlede Saterdag, toe hulle op die lughawe in Istanboel was, het daar boonop ’n bom in dié Turkse stad ontplof.

Lees ook: IS ‘aanvaar verantwoordelikheid’ vir Brusselse bomaanvalle

Intussen het die reisagentskap Seekers ’n kennisgewing uitgestuur dat die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg vir die volgende week op ’n hoë gereedheidsgrondslag geplaas gaan wees en dat reisigers meer tyd moet inruim vir wanneer hulle op die lughawe is.

Die Lughawensmaatskappy (Acsa) kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

– Marelize Potgieter

Bykomende bron: bbc.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies

Kyk: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek

Negejarige: ‘Ouma, hulle het my geskiet’

Tweejarige skiet hom met ma se vuurwapen

Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo