[caption id="attachment_122108" align="alignnone" width="600"]Charlize het die opspraakwekkende stelling aan die Britse tydskrif GQ gemaak. Foto: Cover Charlize het die opspraakwekkende stelling aan die Britse tydskrif GQ gemaak. Foto: Cover[/caption]
Dié blonde skoonheid het onlangs gesê sy is "konstant besig" om Suid-Afrika se liefde terug te wen. Van die boorling van Benoni se onlangse kommentaar mag dalk van haar voormalige landsburgers bietjie omkrap. "Ek is lief vir my land," sê sy aan die Britse tydskrif GQ. "En dis baie moeilik vir Suid-Afrikaners om dit te glo, want ek het die land verlaat en ek praat in ’n Amerikaanse aksent."

"Ek het ’n baie sterk verbintenis met my land en sy mense. Dis op ’n vreemde manier dalk die ma wat my op ’n manier weggegooi het, maar nie heeltemal nie. Ek sit nou nie in sak en as nie, maar ek probeer konstant sy liefde terugwen."

Lees ook: “Dit gaan goed met Sean” ná breekspul met Charlize

In dieselfde onderhoud het Charlize ook gesê mense wat liggaamlik reg is vir die rol, kry die regtig ernstige rolle.

“Hoe baie rolle is daar vir ’n pragtige, 8 voet lange model in ’n rok? Wanneer daar rolle is met lekker vleis, word die mooi mense weggewys,” het Charlize gesê.

Sy was nog nooit bang om haar “lelik” te maak vir ’n rol nie. Dit was juis haar rol as Aileen Wuornos in die fliek Monster, waarvoor sy meer as 10 kg aangesit het, wat haar 12 jaar gelede ’n Oscar besorg het. Verlede jaar het sy haar hare laat afskeer vir die fliek Mad Max: Fury Road.

Volgens Charlize (40) is daar ’n onrealistiese maatstaf van hoe ’n vrou veronderstel is om te lyk wanneer hulle ouer as 40 is. Juis daarom neem sy nou standpunt in teen “uitgedateerde standaarde wat ouderdom betref”.

“Ek sal jok as ek sê daar is minder bekommernisse vir vroue namate hulle ouer word as wat daar vir mans is.

“Ons leef in ’n samelewing waar vroue verlep en mans soos goeie wyn (verouder). Vroue het dit jare lank aanvaar. Ons het gewag dat die samelewing verander, maar nou gaan ons die leiding neem.”

Bron: British GQ