’n Vriendelike welkom by my nuwe en eerste blog!

Ek moes nou eers gaan Google het wat ’n blog is . . . En het toe op die volgende afgekom: Dis eintlik ’n joernaal van jouself maar, wat ek nou gaan deel met al julle Huisgenoot-lesers! Ek het soveel stopkperdjies en dinge wat my inspireer! Ek hoop julle geniet my blog!

Hierdie maand het ons al so baie verjaardagpartytjies bygewoon! My ouma se 81ste, JP se oupa se 70ste, my ma se 52ste en dan natuurlik JP se verjaardag, Sondag 14 April. Dis JP se eerste verjaardag die afgelope vyf jaar by die huis saam met sy familie en vriende en die eerste keer dat ons saam is op sy spesiale dag!

’n Spesiale verjaardag vereis ’n groot en spesiale koek. Ek is mal oor bak en vandag gaan ek ’n fondantkoek bak en vir julle wys hoe julle dit self kan maak. Ek was nog nooit by ’n bakklas nie en het sommer als self van die internet af geleer; al wat jy nodig het, is geduld en ’n bietjie kreatiwiteit. Almal het verwag ek gaan ’n krieketkoek bak, maar JP se stokperdjies strek baie verder as net krieket. Hy is mal oor gholf en musiek; daarom het ek vandag besluit om vir hom ’n “DJ Decks”-koek te maak.

So, hier gaan ons! 

Ek het besluit op een vanielje- en een sjokoladekoek met ’n karamelvulsel en botterroomversiersel.

Sny nou elke koek gelyk bo en versier met karamel tussen die twee lae, soos die prentjie hieronder.

SONY DSCSONY DSC

Smeer nou die hele koek met ’n versierselgeur van jou keuse; ek het ’n botterroomversiersel gebruik. Maak seker die koek is heeltemal gelyk en plat met skerp hoekies sodat die fondant mooi daarop lê.

SONY DSC

Ek plaas altyd die koek ’n rukkie in die koelkas sodat die versiersel ’n bietjie hard raak. Die fondant is baie swaar en as die versiersel te sag is, sal die fondant sy eie vorm aanneem op die koek.

Strooi nou mielieblom op ’n oppervlak en rol dan die fondant uit, so ’n halwe sentimeter dik. Dis makliker om met die fondant te werk as dit ’n bietjie dikker is. (Ek koop sommer die klaar gekleurde fondant by Cab Foods). Jy kan wit koop en dit self kleur ook; ek gebruik gewoonlik die jel-kleursel. Trek nou die koek oor.

SONY DSC

Vryf die fondant versigtig vas teen die versiersel en vorm skerp hoekies en ’n plat oppervlak. Moenie bekommerd wees oor die meel op die fondant die; dis vir die laaste stap . . .

SONY DSC

Soos julle kan sien, druk ek altyd vir my ’n prentjie uit om van te werk. Begin nou die koek versier met die verskillende kleure fondant. Dis amper soos klei speel! Onthou, jou gom is water of appelkooskonfyt. Vryf net ’n klein bietjie water met ’n kwassie aan om die goedjies aan die koek te plak. Ek het ’n koeldrankglas gebruik om die sirkels uit te sny.

SONY DSC

En hier is die eindproduk! Ek trek altyd my bord oor met fondant; dit lyk meer afgerond as die ou lelike foeliebord. As jy wil hê die fondant moet mooi stewig en regop staan soos die oorfone of die mikrofoon, gebruik ’n halwe teelepel “CMC” wat jy by die fondant inmeng. Jy moet dan maar vinnig werk, want hy word gou droog en hard. Om dit so ’n mooi blink skynsel te gee gebruik water en ’n kwassie; dit sal ook al die mielieblom verwyder. En vir julle wat wonder waarvoor die “Koppe” staan . . . dis JP se bynaam!

Nog so ietsie ouliks waarop ek afgekom het: 

SONY DSC

Cone cupcakes! Iets anders as net die gewone kolwyntjies.

Gooi jou deeg in roomyshorinkies en bak in die oond soos gewoonlik.

Versier met versiersel, ’n flake en ’n kersie, en siedaar!

Om die twee kleure van die versiersel so te kry vul net die een helfte van jou versierselsak met pienk en die ander helfte met wit of enige kleure wat jy verkies.

En dan is daar natuurlik ook die veelkleurige kolwyntjies.

Verdeel jou deeg in vier (of hoeveel ook al kleure jy in die kolwyntjie of koek wil hê) kleur met jel-kleursel en vul jou houertjies!

Hier is ’n paar foto’s van koeke wat ek al gemaak het. Dis ’n stokperdjie wat ek vreeslik geniet en dit kan ’n mens letterlik dae lank besig hou. [gallery ids="26195,26196,26197,26198,26199,26200,26201,26202,26203,26204"]

Onthou net soos mense bestanddele bymekaargooi om ’n heerlike koek te bak bestaan ’n mense se lewe ook uit verskillende bestanddele. Baksoda of koekmeelblom op sy eie is glad nie lekker nie, maar gebruik alles saam in matigheid en jy kry ’n watertandlekker koek! Probleme, mislukking, geluk, vreugde, hartseer, kwaad sal altyd daar wees . . . dit skep  ’n balans in jou lewe om die goeie te waardeer en die slegte te kan hanteer.

Hoop julle het my eerste blog geniet!

Groete,

Sue Duminy xxx