Dit beteken teen 2100 sal 2 biljoen meer mense op die planeet wees as wat verwag is. Volgens ’n berig in die Amerikaanse vaktydskrif Science is dit weens die hoë geboortesyfers in Afrika.

Die konsensus oor die afgelope 20 jaar was dat die wêreldbevolking, wat tans sowat 7 biljoen is, 9 biljoen sal bereik en dan afplat en moontlik begin daal,” sê die medenavorser Adrian Raftery, dosent in statistiek en sosiologie aan die Universiteit van Washington.

“Ons het bevind die kans is 70 persent dat die wêreldbevolking nie in hierdie eeu sal stabiliseer nie,” het hy bygevoeg.

Die studie het gebruik gemaak van die VN se jongste bevolkingsyfers, wat in Julie uitgereik is, en gebruik Bayesiaanse statistiek om al die beskikbare inligting te kombineer en so met beter voorspellings vorendag te kom.

Vorige skattings het gewoonlik gesteun op deskundiges se menings oor hoe lewensverwagting en vrugbaarheidskoerse mettertyd sal verander.

“Vroeëre vooruitskattings is streng op scenario’s gegrond; daarom was daar geen onsekerheid nie,” sê die VN-demograaf Patrick Gerland.

Die meeste groei word in Afrika verwag, waar die bevolking na verwagting gaan toeneem van die huidige 1 biljoen tot 4 biljoen teen die einde van die eeu.

“Die kans is 80 persent dat die bevolking in Afrika teen die einde van die eeu tussen 3,5 en 5,1 biljoen mense sal wees,” lui die bevindinge.

Terwyl Afrika se bevolking na verwagting sal toeneem, gaan party bevolkings na verwagting ’n hoogtepunt bereik of krimp, het die studie gesê.

Asië s’n, wat nou op 4,4 biljoen staan, sal na verwagting in 2050 ’n hoogtepunt van 4,4 biljoen bereik, en dan begin afneem.

Die bevolkings van Noord-Amerika, Europa, Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande gaan na veragting almal onder 1 biljoen bly.

’n Groter wêreldbevolking gaan waarskynlik probleme soos klimaatsverandering, aansteeklike siektes en armoede vererger.

“Bevolking, wat die wêreld nou effe minder belangrik ag, bly ’n belangrike vraagstuk,” het Adrian gesê.

Twee metodes wat bewys is as doeltreffend om bevolkings te verminder, is groter toegang tot geboortebeperking en die opvoeding van meisies en vroue.

Bron: Sapa-AFP /aw