In die verlede is daar gelglo kinders kon teen gr. 4 al onderskei tussen regte en betekenislose woorde. Hierdie verskynsel staan nou bekend as die gr. 4-verskuiwingsteorie oor lees. Dit is die rede waarom onderwysers opgelei word om kinders in hierdie tyd te leer lees, want die konsensus was dat kinders kan onderskei tussen letters wat woorde vorm en betekenislose letters langs mekaar.

Outomatiese woordverwerkingsvaardighede is die brein se vermoë om binne millisekondes te bepaal of ’n groep simbole ’n woord uitmaak, sonder dat die persoon self besef die proses vind plaas.

’n Onlangse ondersoek deur Donna Coch, ’n mededosent in opvoedkunde aan die Dartmouth-universiteit, toon kinders prosesseer betekenislose woorde op dieselfde manier as regte woorde. Kinders tel woorde dus outomaties op, ongeag die betekenis. Sy het ’n groep gr. 3-, 4- en 5-leerders, asook universiteitstudente, getoets en het bevind die kinders kon in ’n geskrewe toets onderskei tussen die twee soorte woorde, maar in ’n visuele toets het hul brein nie verskillend reageer wanneer hulle die betekenislose woorde geprosesseer het nie. Net die universiteitstudente het die betekenislose letters en woorde van regte woorde onderskei.

Die eksperiment het bewys jong kinders gebruik meer tyd en energie; hul brein prosesseer die betekenislose woorde met die hoop dat dit later as regte woorde onthul sal word. Die studie bewys ook jong kinders ontwikkel outomatiese woordverwerkingsvaardighede eers ná gr. 5, wat die gr. 4-verskuiwingsteorie oor lees weerlê.

Dus moet onderwysers kinders tot in gr. 5 leer lees. ’n Kind wat dus in hierdie stadium nog nie dié vaardigheid heeltemal onder die knie het nie, is nie “stadig” nie; hul brein leer nog lees.

- Londiwe Dlomo

Bronne: eurekalert.org, time.com, npr.org