Is jy raadop met ’n ongehoorsame kind? Die probleem lê dalk in hul naam!

Navorsers het ’n opname onder 63 000 skoolkinders en hul onderwysers gemaak om te bepaal watter kinders hulle goed gedra en wie moeilikheidmakers is. Hulle het bevind Jacob, Amy, Georgia, Emma en Daniel is van die gehoorsaamste kinders, terwyl Ella, Bethany, Joseph en Cameron waarskynliker die klas sal ontwrig.

Van die ander kwaadstokers is kinders genaamd William, Jake, Joshua en Jamie, asook Eleanor, Olivia, Laura en Holly.

Bronne: The New Zealand Herald, Daily Mail