“Ons moet ’n boodskap van versoening oordra, ’n boodskap van liefde en hoop. ’n Boodskap wat jong mense sal help om nie terug te keer na hoe dinge 20 jaar gelede was nie,” het Khoatheli Sello gesê.

Khoatheli het saam met Sylvester Underhay ’n gebedsessie vir studente van alle rasse gelei by die Universiteit van Pretoria, waar studente ook Dinsdag betoog het omdat Afrikaans steeds as akademiese taal by die universiteit gebruik word.

Studente betoog al vir dae dat die universiteit se taalbeleid hersien moet word. “Dit beïnvloed ons en ons land. Ons het dit nodig gevind om ’n verenigde front te skep en te sê: ‘Suid-Afrika, kom ons hou hande vas en bou ons nasie,’” het Khoatheli gesê.

Sylvester het gesê die gebeure druis teen dit wat stryders vir demokrasie wou behaal het, en hy het bygevoeg die land kan nie bekostig om so ’n stap terug te neem nie.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Kyk: Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo

Friends-reünie groot teleurstelling vir lojale aanhangers

Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue