Die draagbare kopstuk van sowat R14 000 word reeds deur 10 000 sogenaamde navorsers gebruik. Die toestel lyk soos ’n bril en verbruikers kan daarmee onder meer foto’s neem, video’s maak, die internet besoek en e-posse lees.

As deel van die eksperiment gaan Google drie toestelle aan elke instansie leen. Die deelnemende instansies is die Amerikaanse Rolprentinstituut, die Kaliforniese instituut vir die kunste, die Rhode Island-ontwerpskool, die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles en die Universiteit van Suidelike Kalifornië.

Google Inc. sê hulle sal wys hoe die studente vorder wanneer die instansies in die Amerikaanse herfs oopmaak.

Volgens die maatskappy sal die studente kyk hoe Google Glass gebruik kan word vir dokumentêre rolprentvervaardiging, karakterontwikkeling, ligginggebonde storievertelling en “dinge wat ons nog nie oorweeg het nie”.

Studente sal aangemoedig word om Google Glass te gebruik om stories uit die eerstepersoon se oogpunt te vertel, sê Norman Hollyn, ’n professor aan die Universiteit van Suidelike Kalifornië se skool van rolprentkuns.

Hy sê een model wat studente kan volg, is die een wat in die fliek Timecode deur die regisseur Mike Figgis ingespan word, waar vier kameras gebruik word om vier verskillende mense gelyktydig op te neem.

Studente sal ook aangemoedig word om Google Glass se datalae te gebruik as ’n manier om elemente van ’n storie bekend te maak. Hy sê twee kortflieks sal na verwagting teen die begin van volgende jaar klaar wees.

“Ons benadering is: Hoe kan ons dit gebruik om koel stories te vertel in plaas van om net op ’n Disneyland-pretrit te sit en dit aan mense uit te saai?” sê hy. “Dit het ons baie opgewonde gemaak.”

Google Glass-gebruikers kan ’n video van hoëdefinisie-gehalte opneem deur stem- of raakopdragte te gebruik. George het reeds ’n paar voorbeelde gewys van hoe mense die toestel gebruik, soos die tennisspeler Bethanie Mattek-Sands (28), wat vir Wimbledon daarmee voorberei, en die fisika-onderwyser Andrew Vanden Heuvel, wat sy klas op ’n virtuele reis geneem het na die Large Hadron Collider by die Europese Sentrum vir Kernnavorsing.

– Sapa

sapalogo