A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

Nie Aliss Bonython nie. Die 21-jarige meisie van Nottingham in Engeland het 18 maande gelede besluit om nie meer teen haar lyf te baklei nie, en om haar kurwes te aanvaar.

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on
Aliss het op haar YouTube-kanaal, wat baie kykers het, en op Instagram haar reis van anoreksie na selfvertroue oor haar lyf gedokumenteer.

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

“Ek het nog nooit so selfversekerd, energiek, gesond, positief en sexy soos nou gevoel nie,” het sy geskryf in ’n onlangse inskrywing op Instagram, waar sy bykans 90 000 aanhangers het.

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

“Dit het my jare geneem om te besef ’n syfer of grootte hoef nie my lewe te beheer nie, en ek kan gelukkig en tevrede wees met wat ek het. Dit het my ook geleer ongeag waar jy jou in jou lewensreis bevind, mense sal fout vind, al is daar niks, en dit het niks te doen met jou of hoe jy lyk nie.”

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

Volgens die MailOnline, het Aliss, ’n student in Amerikaanse studies en literatuur, selfs modelwerk begin doen.

I have been wanting to post this picture for the past few days, and naturally wanting to crop out the part where you can see my belly. Just for everyone out there that comments/believes that they could never be as open and confident as me, I still have such a long way to go. Sometimes you have to do things to make you uncomfortable in order to grow past them. This photo is me facing my fears so please be gentle with me ? ?@clickjones • • • • • #bodypositive #perfectimperfection #embracethesquish #fatbabe #belly #rolls #allbodiesaregoodbodies #theresnowrongwaytobeawoman #beunique #loveyourbody #loveyourself #selflove #chooselifewarrior #bigandblunt #effyourbeautystandards #model #plussize #plussizemodel #plussizefashion #calvinklein #instagood #flawless

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

“Ek doen nou af en toe modelwerk vir plusgrootte-klere. Ek’s mal daaroor om voor die kamera te wees.”

A post shared by Aliss Bonython (@alissbonyt) on

Aliss, wat nou 86 kg weeg, sê sy voel gesonder as ooit. “Ek mik daarna om ’n gesonde leefstyl te bevorder. Ek het altyd my kilojoules beperk, maar ek eet nou waarvan ek hou, binne perke. Ek oefen vier of vyf keer in die gim en is fikser as tevore.”

Aliss deel gereeld foto’s van haar in skrapse onderklere in die sosiale media om mense te inspireer om hul lyf lief te hê.

“Om selfliefde te vind en positief oor my lyf te voel, het my lewe gered,” het sy geskryf by ’n onlangse foto van haar koshuiskamer.

“As dit een mens se lewe red, is dit beslis die moeite werd.”

Bronne: instagram.com/alissbonyt, MailOnline, The Sun