Sy wou net ’n PDF-dokument hê. Toe die Twitter-gebruiker @sav_gibson ’n sekere stel aantekeninge nodig kry om ’n opdrag te voltooi, het sy een van haar klasmaats genader. Die student aan die Texas A&M-universiteit het egter nie geweet die gesprek sou so ’n grillerige wending neem nie. “Waar het ek . . . Ek is so deurmekaar, ek haat julle ouens,” het sy getwiet en skermgrepe van die pynlike gesprek gedeel.

Ná meer as 83 500 hertwiets en nadat meer as 313 000 keer daarvan gehou is, het die twiet, wat soos ’n veldbrand versprei het, die aandag van die betrokke kêrel getrek. En hy het nogal iets te sê gehad.

Mense was beslis nie beïndruk met die “heer” se optrede nie. “Ons, die manlike spesie, aanvaar nie hierdie wese as een van ons nie,” was een van die gebruikers se kommentaar. Kyk ’n bietjie wat ander gebruikers te sê gehad het.

ded_censored