Iemand het ’n lelike skraap op ’n student se motor gelos, maar met hierdie skreeusnaakse briefie daarvoor vergoed. Toe Thomas Callow sy Engels-eksamen by die Bridgewater-staatsuniversiteit voltooi, het hy nie verwag om ’n briefie op sy Chevy Malibu (2001) te kry nie. “Ek het gedink die briefie is ’n parkeerboete, want ek kry dit gereeld,” sê Thomas.

Vir party ouens sou die rede vir die briefie veel erger as ’n boete gewees het. Iemand het die agterkant van Thomas se motor geskraap en skynbaar die regte ding gedoen deur ’n briefie te los.

Maar dit was nie hul kontak- of versekeringsbesonderhede wat hulle vir Thomas gelos het nie.

“Ek het die briefie oopgemaak en histeries begin lag.”

Die brief lui: “Yo, ek het jou motor getref. Ek los hierdie nota, want iemand hou my dop . . . Hulle kyk steeds . . . Goed, ek is veilig. My fout. Vrede.”

Die onbekende mens wat die halfgebakte verskoningsbriefie op die universiteitstudent se motor gelos het, het sy fout erken. Maar die rede waarom hulle die briefie geskryf het, het Thomas laat lag.

note close up

Die 20-jarige het die vreemde voorval op Twitter gedeel met die byskrif: “Nie eens kwaad oor die skrape nie, lag my klaar . . . By verre die snaaksste ding wat nog met my in NewB gebeur het.”

Die twiet is meer as 40 000 keer hertwiet en dit blyk al die aandag het ’n goeie nasleep vir Thomas gehad.

“Ek het meer as 50 meisies se foonnommers gekry. My lewe is baie goed,” sê hy.

Iemand wat beweer hulle het die snaakse briefie geskryf, het na Thomas uitgereik. Maar hy is min gepla, want hy is nie van plan om sy 15 jaar oue voertuig te laat herstel nie.

“Ek gee regtig nie om nie,” sê hy.

Bronne: Twitter, NYMag.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Die smeulende Justin Serrao se weergawe van Kinders van die Wind sleur luisteraars mee

Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder

Pieter Koen en Cordelia wil harte verower met dié liedjie

Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoekto

3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou