Die privaat nooddiens Emer-G-Med het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin hulle sê die student is glo deur drie gewapende verdagtes genader wat sy besitting van hom geëis het. Hy is volgens Emer-G-Med op ’n kort afstand in die kop en hand geskiet.

Paramedici het die student probeer stabiliseer en talle kere lewensondersteunende-toetredes gedoen terwyl Netcare 911 se lugtrauma-eenheid hom vir ’n dringende operasie kom haal het.

Die voorval word volgens die nooddiens deur die polisie ondersoek.

Bronne: Twitter; Arrive Alive; Facebook

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: E-sigaret ontplof soos vuurwerk in man se broeksak

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’

Eina! Rokers, drinkers trek swaar onder Jan Taks

Hardewareprobleme pootjie Telkom-gebruikers wat lugtyd wil herlaai

‘Gee my die kind’ – vrou getuig dramaties hoe Zephany Nurse se grootmaakma ook haar kind wou ‘steel’