So het Sean Hefferman, die regsverteenwoordiger van die sangeres Amor Vittone, die ontslape oud-Bokheld se vervreemde vrou, Dinsdagoggend gereageer op ’n berig in Pretoria News.

Daarin word beweer Joost se prokureur, Ferdi Hartzenberg, het bevestig Joost se familie het hom opdrag gegee om nie langer met ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria voort te gaan nie.

Kragtens dié betwiste testament erf Amor slegs drie televisies, terwyl hul twee minderjarige kinders die enigste erfgename is, en deur middel van ’n trust na hul behoeftes omgesien moet word.

Die beplande aansoek sou die geldigheid van Joost se laaste testament betwis nadat die meester van die hof vroeër dié testament, wat in September 2015 sonder Amor se medewete opgestel is, ter syde gestel het.

Die beslissing is gemaak aangesien dit nie deur Joost onderteken of aan die wetlike vereistes voldoen het ingeval iemand nie in staat is om dit te onderteken nie.

Kragtens dié betwiste testament erf Amor slegs drie televisies, terwyl hul twee minderjarige kinders die enigste erfgename is, en deur middel van ’n trust na hul behoeftes omgesien moet word.

Joost wat sy stryd teen motorneuronsiekte op 6 Februarie verloor het, was reeds aan ’n rolstoel gekluister en in sy arms verlam toe die nou betwiste testament onderteken moes word.

Die inhoud van die berig was ook nuus vir Sean dat Joost se kamp nie met die aansoek voortgaan nie.

Ferdi wou nie kommentaar op Pretoria News se berig lewer nie. “Ek dra nie kennis van die inhoud van dié berig nie,” is al wat hy wou sê. Hy het gesê Pieter van der Westhuizen, Joost se broer en eksekuteur van die boedel, is tans in die buiteland en hy het geen opdrag om met die media te praat nie.

Die inhoud van die berig was ook nuus vir Sean dat Joost se kamp nie met die aansoek voortgaan nie. Hy het bevestig Pieter is in die buiteland, maar sê toe hy moet bronne in die familie skakel – hulle was glo ook onbewus van die beweerde verwikkeling.

Intussen het Sean die testament wat Amor en Joost saam in Augustus 2009 opgestel het, by die meester van die hof ingedien. Dié testament bepaal dat die langslewende alles erf. Sou hulle gelyk gesterf het, sou die kinders alles gekry het.