Hofveiligheidsamptenare en polisiebeamptes het binne en buite die hofgebou 'n wakende oog oor verrigtinge gehou.

Hoewel daar vroegoggend minder mediaverteenwoordigers as met Pistorius se vorige verskynings was, het mobiele mediakantore met skottels en kragopwekkers nogtans die sypaadjie langs die hofgebou vol gestaan.

Net nadat geakkrediteerde joernaliste hul plekke in die hofsaal ingeneem het, is hulle gevra om die lokaal te verlaat en kort daarna is 'n polisie-snuffelhond die saal ingeneem.

Dit was onduidelik of dit net 'n voorsorgmaatreël was, maar dit is die eerste keer in die Pistorius-saak dat die hof deur 'n hond deursoek is.

Die media is 'n rukkie later toegelaat om weer hul plekke in te neem.

Die staat se span, adv. Gerrie Nel en adv. Andrea Johnson, reeds voor 08:00 die hofsaal binnegestap.

Dit is onduidelik of dit net 'n voorsorgmaatreel is, maar dit is die eerste keer in die Pistorius-saak dat die hof.

Reeva sou ook vandag haar 30ste verjaardag vier.

Die saak sal om 09:30 begin.